John Everett Millais

John Everett Millais
Gebore(1829-06-08)8 Junie 1829
Sterf13 Augustus 1896 (op 67)
Kensington, Londen, Engeland
NasionaliteitBrits
BeroepSkilder
BewegingBroederskap van die Pre-Rafaëliete
EggenootEuphemia Gray (trou 1855)
Kinders8, insluitende John Guille Millais

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

John Everett Millais (Engelse uitspraak: m|ɪ|l|eɪ; 8 Junie 182913 Augustus 1896) was ‘n Engelse skilder en illustreerder wat een van die stigterslede van die Broederskap van die Pre-Rafaëliete was. Hy was ‘n wonderkind wat op die jeugdige ouderdom van elf jaar die jongste student geword het om in te skryf by die kunsskole van die koninklike akademie. Die Broederskap van die Pre-Rafaëliete is gestig by sy ouerhuis in Londen, geleë by Gower Street 83 (nou nommer 7). Millais het die bekendste eksponent van die styl geword; sy skildery Christ in the House of His Parents (1850) het aansienlike kontroversie geskep, asook ‘’Ophelia’’ in 1850 -1851, wat miskien gesien kan word as die beliggaming van die Beweging se ideale.

Teen die middel van die 1850’s het Millais begin wegbeweeg van die Pre-Rafaëlitiese styl, ten einde ‘n nuwe vorm van realisme in sy werk te skep. Sy latere werke was uiters suksesvol en het Millais een van die rykste kunstenaars van sy era gemaak. Sommige voormalige bewonderaars, insluitende William Morris, het dit egter as ‘n verdraaiing van die waardes van die broederskap gesien. (Millais het toegelaat dat een van sy skilderye gebruik word vir ‘n sentimentele seepadvertensie).

Terwyl hierdie en ander vroeë 20ste eeuse kritici, wat kuns deur die lense van Modernisme beskou het, baie van sy latere werke as minderwaardig beskou het, het hierdie oogpunt egter in onlangse dekades verander, aangesien sy latere werke gesien moet word in die konteks van groter veranderinge en gevorderde tendense in die wyer laat-19de eeuse kunswêreld. Sy werke kan derhalwe nou gesien word as ‘n vooruitskouing van die huidige kunswêreld.

Millais se persoonlike lewe het ook ‘n beduidende rol gespeel wat sy reputasie betref. Sy vrou Effie Gray was voor haar huwelik aan hom, getroud gewees met die kritikus John Ruskin, wat Millais se werk ondersteun het. Die totnietmaking van haar huwelik aan Millais is al somtyds verbind met ‘n verandering in sy styl. Sy het nietemin ‘n belangrike voorstander en bemarker van sy werk geword, en hulle het saamgewerk om opdragte te bekom en hul sosiale en intellektuele kringe uit te brei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search